PIETER & JEANÉ | BEVESTIG NOU →

TUIS ONS STORIE SKEDULE INLIGTING GALERY VERBLYF BEVESTIG

Belangrike Inligting

ALLES WAT JY MOET WEET VIR ONS SPESIALE DAG

Wat Om Te Weet

Uitrusting

Semi-Formeel

Ons nooi jou uit om Semi-Formeel aan te trek en saam met ons die dag te vuur

Weer

Dit Gaan Koud Wees!

Dit is midwinter in die Vrystaat en die aand kan lekker koud wees - ons beveel aan dat jy ietsie warm saam bring.

Fotografie

Huweliksbevestiging

Ons vra vriendelik dat jy jou selfoon of kamera tydens die huweliksbevestiging wegpak. Ons professionele fotograaf sal elke kosbare oomblik vasvang. Geniet die oomblik saam met ons sonder skerms!

Na die huweliksbevestiging is jy welkom om soveel fotos te neem as wat jy wil!

Plek

Memory Fields Guest Farm

Die huweliksbevestiging en onthaal vind plaas by Memory Fields naby Jacobsdal in die Vrystaat. Maak seker jy het die adres op jou GPS gelaai voordat jy vertrek!

KLIK VIR KAART

Program

25 Julie 2026

14:30 vir 15:00 – Huweliksbevestiging begin
18:00 – Onthaal begin

Kom asseblief vroeg aan sodat jy kan sit en ontspan voordat ons die gang afstap.

Geskenke

Liefde is waarom hierdie dag draai, jou teenwoordigheid is een waar sonder ons dit nie kan vier nie. Maar moet jy nogsteeds glo dat 'n geskenk is die moeite werd om te gee, 'n klein koevert vir ons wittebrood is 'n heerlike seën.

RSVP Spertyd

Bevestig asseblief jou bywoning voor 1 Junie 2026.
Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met jou te vier nie!

Kontak ons:

Jeané: 081 750 9472

Pieter: 076 371 6856

BEVESTIG NOU

Deel Jou Fotos!

GEBRUIK HIERDIE HUTSMERKIES WANNEER JY FOTOS DEEL OP SOSIALE MEDIA

#VirAltydEnNogBietjie #NetJa #DieVanHeerdens #VanHeerdenOpskop